2007-07-31

Christelike Jeug Lewens-oriëntering


Die volgende brief en inligting is op 31 Julie 2007 ontvang van Jacques Ferreira:

Hi

Ek glo julle sal my kan help.

Ek wil 'n projek hier in SA begin wat ek “Christelike Jeug Lewens Oriëntering” noem. Dis soos 'n kamp vir 1 jaar iewers op 'n plaas vir eks-matrikulante waar hulle 'n paar basiese lewens-vaaardighede leer wat ons veronderstel is om in die skole te leer maar nie doen nie. Temas soos finansies, huwelik, kinders (-opvoeding), besigheid, geestelik, ens.

Op hierdie stadium wil ek nog net eers uitvind of daar 'n behoefte aan so iets is, en of daar dalk borge is wat kan help. Sal julle dalk by die leerlinge, ouers, kennisse, lede, ens. kan hoor of daar so 'n behoefte is. Hier onder is 'n dokument met inligting soos ons dit op hierdie stadium al het.

Dankie

Jacques Ferreira



Christelike Jeug Lewens Oriëntering

A. Wat is dit?

Jy was dalk in die weermag. Dan sal jy weet watter opleiding daar ontvang was (meer as net militêr) – en mens sal dit nie vandag meer daar kry nie.

Hierdie is soos ‘n kamp vir 1 jaar (2 semesters) op 'n plaas vir eks-matrikulante (en ander belangstellendes) waar hulle 'n paar basiese lewensvaardighede leer wat ons veronderstel is om in die skole (en selfs by die huis) te leer maar nie doen nie. Temas soos finansies, huwelik, kinders (-opvoeding), besigheid, geestelik, ens.

B. Waar is dit?

Daar is blykbaar grond beskikbaar gestel deur 'n (BEF-) boer naby Ermelo. Meer besonderhede later.

C. Watter kursusse word beplan?

Hierdie is 'n nog net voorlopig en kan uitgebrei word. In latere dokumente sal elke kursus breedvoerig bespreek word:

· Persoonlike Finansies
· Kommunikasie
· Besigheid (basiese beginsels)
· Verhoudings (persoonlik, werks- en geslag-verband)
· Huwelik (voorbereiding)
· Kinder-opvoeding (om 'n baba te kry maak jou nie noodwendig bekwaam nie)
· Geestelike (Christelike) opleiding
· Afrikaanse kultuur (Afrikaanse sang en musiek/drama/poësie)
· Basiese natuur-bewustheid en -bewaring
· Basiese tuinmaak (insluitend boerdery)
· Basiese motor-herstel (bietjie meer as net “tyres” omruil)
· Basiese DIY (hout-/metaal-werk, verf, ens.)
· Basiese huishouding (hoe om 'n huis netjies te kry en te hou)
· Basiese kook (hoe om meer as net 'n toebroodjie te maak)
· “Crafts” (skilder, “pottery”, “scrapbooking”, ens.)
· Self-verdediging (hand en wapen)
· Oorlewing (paar dae in die bos)
· Sport en ontspanning (fiksheid)
· “Health & Nutrition”
· Persoonlike ontwikkeling
· (Self-)dissipline
· Motor-lisensie (swaar-voertuie en gevorderde kursusse sal oorweeg word)
· Basiese rekenaarvaardighede
· “Health & Safety” (noodhulp/brandbestryding/ens.)

Indien daar meer belangstelling is, kan daar in die 2de semester die gevorderde weergawe van hierdie “basiese” vakke geneem word.

D. Kostes

Kostes is nog onbekend. Dit hang alles af van hoeveel belangstelling daar is (meer mense, minder koste) en hoeveel borge ons kan ontvang. Dit sal verblyf, kos, opleidings-toerusting ens. insluit. Meer besonderhede later…

E. Kontak besonderhede

Vir enige hulp of navrae, kontak my gerus.

Jacques Ferreira
(011) 387 4252 (w)
082 457-0861
jferreira3@uti.co.za

F. Borge

Ek glo hierdie sal nog heelwat uitbrei…

Dr Willem Pienaar
BEF – Blanke Ekonomiese Forum
http://www.blankeekonomieseforum.org
Posbus 1374
Montana Park
PRETORIA 0159
Suid-Afrika

of skakel ons:
Pine Pienaar: 082 877-9972
Anastasia Theron: 073 059-4342