Die volgende brief en inligting is op 31 Julie 2007 ontvang van Jacques Ferreira:
Hi Ek glo julle sal my kan help. Ek wil 'n projek hier in SA begin wat ek “Christelike Jeug Lewens Oriëntering” noem. Dis soos 'n kamp vir 1 jaar iewers op 'n plaas vir eks-matrikulante waar hulle 'n paar basiese lewens-vaaardighede leer wat ons veronderstel is om in die skole te leer maar nie doen nie. Temas soos finansies, huwelik, kinders (-opvoeding), besigheid, geestelik, ens. Op hierdie stadium wil ek nog net eers uitvind of daar 'n behoefte aan so iets is, en of daar dalk borge is wat kan help. Sal julle dalk by die leerlinge, ouers, kennisse, lede, ens. kan hoor of daar so 'n behoefte is. Hier onder is 'n dokument met inligting soos ons dit op hierdie stadium al het. Dankie Jacques Ferreira
|