2008-07-23

Afrikaans spell checker in Web-browser (Firefox) « Defcon3 by Fredre

Afrikaans spell checker in Web-browser (Firefox) « Defcon3 by Fredre

2007-08-27

Suid-Afrika - Ek bly!

'n Praatjie oor emigrasie word op Woensdagaand 29 Augustus 2007 gelewer tydens die On Purpose Hour by die Fraaigesig Galery in Pretoria.

Die spreker is Gerhard Papenfus. (MD van Gerhard Papenfus & Associates, Stigterslid en MD van Empowering SA, en CEO en stigterslid van NEASA en EduReach)

Die praatjie is een van 'n reeks oor sinvolheid in die samelewing wat op Woensdagaande gehou word.

Vir meer inligting oor On Purpose Hour, Sinvolheid in die samelewing, etes en padaanwysings, klik hier.

2007-08-20

Geluk in verhoudings (huwelik) [Sinvolheid in die samelewing]

'n Praatjie oor geluk in verhoudings (huwelik) word op Woensdagaand 22 Augustus 2007 gelewer tydens die On Purpose Hour by die Fraaigesig Galery in Pretoria.


Die spreker is Callie Roos.


Die praatjie is een van 'n reeks oor sinvolheid in die samelewing wat op Woensdagaande gehou word. Aandete is opsioneel en moet vooraf bespreek word.


Vir meer inligting oor On Purpose Hour, Sinvolheid in die samelewing, etes en padaanwysings, klik hier.

2007-08-14

Vertoon pienk ballonne vir Danielle

Die ouers van Daniëlle Esterhuizen (5) – wat in Desember 2006 tydens 'n visvanguitstappie by die Van Riebeeckmeer-ontspanningsoord in Randfontein deur booswigte doodgeskiet is terwyl sy op haar ma se skoot gesit het – het 'n beroep op die publiek, besighede en skole gedoen om op 16 Augustus pienk ballonne te vertoon om hulle teenstand teen alle moorde op kinders, asook ander misdaad te toon. Diederick en Anél Esterhuizen se doel met die “Pienk ballonne vir ʼn Engel”-dag is om openbare bewustheid rakende moorde op kinders te verhoog in 'n poging om 'n bydrae daartoe te lewer dat ander ouers en kinders nie deur dieselfde lot as hulle getref word nie. Daniëlle sou op 16 Augustus haar sesde verjaarsdag gevier het. Die burgerregte-inisiatief AfriForum staan die Esterhuizens met hulle poging by.

Al ses skole op Randfontein het reeds aangedui dat hulle op 16 Augustus pienk heliumgevulde ballonne sal loslaat om standpunt teen kindermoorde in te neem. Verskeie besighede en lede van die publiek in Randfontein het ook laat weet dat hulle op dié dag pienk ballonne sal vertoon.

Volgens Anél Esterhuizen het die positiewe reaksie van die mense van Randfontein hulle laat besluit om ook skole, besighede en mense elders in die land te vra om die aksie te ondersteun deur pienk ballonne op 16 Augustus te vertoon. Mense wat nie ballonne het nie, word as alternatief deur die Esterhuizen-gesin gevra om wanneer dit hulle pas, op 16 Augustus ʼn minuut stilte te handhaaf.

Die Esterhuizens het ook aangedui dat hulle om 14:30 by die Sterkfontein-begraafplaas (waar Daniëlle begrawe is) pienk ballonne sal loslaat.

Persone, skole en besighede wat die aksie wil ondersteun, kan Jaco Matthee by 072-585-0614 skakel, of 'n e-pos vir meer inligting stuur aan die volgende adres: danielleesterhuizentrust@gmail.com

Anél Esterhuizen

082-469-5941

Afriforum tuisblad

2007-08-11

Sinvolheid in die samelewing: Betekenis deur dialoog

'n Praatjie oor Betekenis deur dialoog word op Woensdagaand 15 Augustus 2007 gelewer by die Fraaigesig Gallery in Pretoriuspark, Pretoria.

Volgens die spreker, Callie Roos, is die gesprek oor dialoog waarskynlik die grootste enkele faktor wat besigheid en die samelewing positief kan beïnvloed. Hy gaan die effek hiervan prakties demonstreer wat weer 'n goeie basis sal lê vir die res van die jaar se gesprekke.

Dit praatjie is een van 'n reeks oor Sinvolheid in die samelewing wat op Woensdagaande gehou word.

Aandete moet vooraf bespreek word by Tel 012 9931723
Vir sekuriteitsredes word die buitehek om 19:15 toegestoot.

2007-08-09

Registrasie van Taal-, Kultuur- en Godsdiens-organisasies

Die Grondwet van Suid-Afrika bied beskerming van taal-, kulturele en godsdienstige regte (art. 185). Deelnemers aan die NFA het geoordeel dat die tyd aangebreek het om hierdie regte uit te oefen deur aansoek te doen vir die registrasie van 'n liggaam wat sal instaan vir die belange van Afrikaans.

Hoe gaan dit gedoen word?
Alle Organisasies wat Afrikaanssprekendes verteenwoordig, word versoek om gedurende Augustus 2007 by die die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kultuur-, Godsdiens- en Taalgemeenskappe (The CRL Commission) te registreer. Dit sal in hulle eie belang wees, maar sal ook die Nasionale Forum vir Afrikaans (NFA) help om die proses op pad na 'n Afrikaanse Taalbelangeraad te fasiliteer.

Wie is die NFA?
Die NFA (Nasionale Forum vir Afrikaans) is 'n forum vir aksie van die burgerlike samelewing met verteenwoordigers van die NTLA (Nasionale Taalliggaam vir Afrikaans) en ondersteun deur PanSAT (Die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad). Die sekretariaat van die NFA word behartig deur die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns.

Dokumente wat ter sprake is:
(Klik op die dokument se naam om dit oop te maak of af te laai)

  1. NFA versoek aan Afrikaanssprekendes
  2. Bylaag A: Aamptelike registrasiedokument
  3. Bylaag B: Die NFA-vraelys
Die dokumente is nodig vir registrasie by die CRL Commission. Die dokumente sal ook deur die NFA gebruik word vir die aansoek om registrasie van 'n Afrikaanse Taalbelangeraad (ATB).

Wat moet organisasie nou doen?
  • Lees asb die verduidelikende dokument, NFA versoek aan Afrikaanssprekendes
  • Voltooi die amptelike registrasiedokument (Bylaag A)
  • Voltooi die NFA-vraelys (Bylaag B)
  • Stuur die voltooide vorms (Bylae A en B) aan die Vriende van Afrikaans (kontakbesonderhede word in die dokumente verskaf)
  • Laat weet ander Afrikaanssprekendes wat sou belangstel om deel te wees van hierdie aksie.

Hierdie dokumentasie moet die Vriende van Afrikaans asseblief voor of op 20 Augustus 2007 bereik.

Net om verwarring te voorkom: Die SA Akademie se kantoor in Pretoria hanteer onder andere die sekretariaat van die NFA, maar vanweë die min tyd tot ons beskikking, tree die kantoor van die Vriende van Afrikaans op Stellenbosch op as versamelpunt.



Skakels:

2007-08-05

Sinvolheid in die samelewing: Kalmte van Gees

'n Praatjie oor Kalmte van Gees word op Woensdagaand 8 Augustus 2007 gelewer by die Fraaigesig Gallery in Pretoriuspark, Pretoria.

Die spreker is Callie Roos.

Dit is die eerste van 'n reeks praatjies oor Sinvolheid in die samelewing wat op Woensdagaande daar gehou gaan word.

2007-08-04

Vaardigheidsekspo by Pretoriaskou 2007

ATKV CENTURION

Die sesde Vaardigheidsekspo by die Pretoriaskou (22 Augustus tot 2 September 2007) fokus vanjaar op Entrepreneurskap en Lewensvaardighede.

Die Vaardigheidsekspo in Saal H (naby die Skilpadsaal, teenaan Soutterstraat) word vanjaar gekenmerk deur ’n verskeidenheid van kort bekendstellings- en inligtingspraatjies oor:

· Entrepreneursvaardighede deur Isak Maritz, wenner van die 2006 SA Entrepreneurskompetisie.
· ATKV Centurion se ‘‘Beste Besigheidsidee’’-kompetisie met Isak Maritz as beoordelaar. Die kompetisie word Woensdagmiddae op RSG bespreek en die wenner word Woensdag 5 September 2007 op RSG bekend gemaak.
· Die landwye ATKV/ABSA Entrepreneurskompetisie vir laerskole, hoërskole en studente asook
· Die ATKV se taal-, lees- en leervaardigheidsprojekte en
· Ons SMS-kompetisie oor Afrikaanse slagspreuke/sêgoed.
· Verskeie jeug- en welsynsorganisasies se lewensvaardighede projekte.

Die volgende jeug- en welsynsorganisasies gaan hul aktiwiteite en aksies t.o.v. ’n wye verskeidenheid lewensvaardighede soos jeugwerk, leierskap, ouerskap, welsynswerk soos o.a. krisis-, stres- en trauma-berading, geestelike berading, dwelmbekamping, emosionele en morele weerbaarheid kom uitstal en bekendstel:

Coramdeo, Crossroads, Ch. Polisiever. (CPV). Echo Jeugontwikkeling, Intertrauma Nexis, Kohin Jeugwerkers, Maranatha Bana, Sinoville Krisissentrum, Selkruis

Die inligtings- en bekendstellingspraatjies vind weeksaande om 18:30 en naweke Sa. 25 Augustus 2007, So. 26 Augustus 2007, Sa. 1 September 2007 en So. 2 September 2007 heeldag vanaf 10:00 – 18:00 elke tweede uur op die uur by ons Ekspo in Saal H plaas.

Die volledige program met temas en sprekers sal op ATKV Centurion se webwerf gepubliseer word.

Navrae: Sakkie Kotze 082 925 1488

2007-08-03

Pretoria Skou 2007 – Twaalf dae vol pret

PRETORIA SKOU - 22 Augustus tot 2 September 2007


Meer as R50 miljoen word vandeesmaand in Tshwane se ekonomie gepomp wanneer 'n kwartmiljoen besoekers na Suid-Afrika se voorste skou, die Pretoria Skou, stroom om munt te slaan uit die Skou se uitgebreide aanbieding van vermaak- en inkopiegeleenthede. Die Pretoria Skou, wat onder die top familie-skoue in Suid-Afrika gereken word, is nasionaal bekend vir sy kleurryke uitstallings, uitstekende winskopies, goeie en verskeidenheid vermaak en indrukwekkende landbouprogram. Die Skou word vanaf 22 Augustus tot 2 September 2007 by die Tshwane Events Centre aangebied.


Die Pretoria Skou is een van die grootste skoue in Suid-Afrika en spog met meer as 42 000 vierkante meter se uitstalruimte onderdak, 30 000 vierkante meter se buitelug uitstalruimte, arenas, 'n pretpark en kinder- en kitskosareas. Sowat 750 handelsuitstallers, insluitend invoerders van internasionale produkte, verseker dat daar uitstekende spesiale aanbiedinge is in meer as 200 produk-kategorieë, wat wissel van sport, motorvoertuie, huishoudelike produkte, elektroniese toestelle en opvoedkundige produkte tot meubels, bote en karavane.


Wim du Toit, hoof uitvoerende beampte van die Pretoria Skou, sê een van die grootste voordele van die Skou is dat besoekers so baie opsies en aanbiedinge op een plek kry. "Na 'n besoek aan die uitstalsale kan besoekers 'n tydjie afknyp om saam met die gesin die wye verskeidenheid vermaak te geniet. Die vermaaklikheidsprogram by vanjaar se Skou is so saamgestel dat daar iets is vir almal is – van musiek en opvoedkundige vermaak tot perdespring, saalperde en vertonings deur die Star Stallions – daar is werklik geen perke op wat 'n familie-uitstappie na die Pretoria Skou kan bied nie."


Die handelswaarde van die Skou word vanjaar weer herbevestig deur die hoeveelheid nuwe uitstallers wat hulle produkte gaan tentoonstel. "Die sukses van die Pretoria Skou as 'n verbruikerskou word onderstreep deur die feit dat ons vanjaar weer al ons lojale uitstallers terugverwelkom. Sommige van hulle stal al vir meer as 50 jaar by die Skou uit. Daarbenewens verwelkom ons vanjaar ook sowat 200 nuwe uitstallers" sê du Toit.


Daar is onder andere 'n hele paar nuwe motorvoertuighandelaars wat reeds hulle deelname aan vanjaar se Skou bevestig het en Saal L sal uitsluitlik gevul word met die nuutste motorvoertuie op die mark, asook met nuwe innoverende motortoebehore. Motorvoertuighandelaars wat in die saal verteenwoordig sal wees sluit in Ssangyong Centurion, Citroen Hatfield, Mandarin Centurion en Mahindra Zambezi.


Die Skou het die afgelope paar jaar uitstekende uitvoerende kunstenaars gelok en vanjaar is geen uitsondering nie. Een van die hoogtepunte op die skouprogram is die wêreldgehalte vermaak wat gedurende die twee naweke van die Skou aangebied word. Hierdie program sluit optredes deur Theuns Jordaan, Watershed, Dozi, Karen Zoid, Gordon’s Suitcase, UJU, Concord Nkabinde, Lira en Judith Sephuma in. "Die program is saamgestel om in die meeste musieksmake te val, vanaf jazz, rock, funk en hip hop tot kontemporêre en kwaito musiek. Ons is trots daarop om van die land se beste kunstenaars op ons verhoog te hê, en om in 'n posisie te wees waar ons die publiek kan nooi om die optredes gratis te geniet. Die enigste fooi betaalbaar is die ingangsgeld vir die Skou," sê du Toit.


Die pretpark beloof vanjaar van die beste ritte in die land en adrenalienverslaafdes en pretjagters kan groot opwinding te wagte wees. Diegene sonder senuwees van staal en wat eerder verkies om eerder net te kyk moet nie die vermaaklike arenaprogram misloop nie, wat uitvoerings insluit deur die SA Polisiediens, die eerste saalperd vertoning wat in jare by die Skou gehou word en die amptelike bekendstelling van Sing for Africa, 'n kindersorg-inisiatief wat poog om Suid-Afrikaners te motiveer om op enige moontlike wyse by te dra tot kindersorg. Die groep sal hulle boodskap, die "Wekroep van Afrika se Kinders", deur musiek uitdra. Die projek sal met 'n musikale skouspel op 24 Augustus 2007 bekendgestel word. Kinders van alle kultuurgroepe sal deel wees van hierdie opvoering, met die ondersteuning van professionele kunstenaars.


Vanjaar se Skou bied ook iets spesiaal vir reptiel-liefhebbers. Suid-Afrika se dodelike dosyn – die 12 gevaarlikste slange in die land – sal by die standplaas van die Huyani Reptile Educational and Breeding Centre te sien wees. Hierdie slange sluit die pofadder, swart- en groenmamba, rinkhals, boomslang, kobra en die Gaboen-adder in. Opvoedkundige praatjies en demonstrasies sal gereeld aangebied word om besoekers in te lig oor hoe om hierdie slange te identifiseer en wat om te doen wanneer jy een van hierdie dodelike reptiele teekom.


Rugbygeesdriftiges en in besonder ondersteuners van die Vodacom Blue Bulls moet nie dié span se handtekeningsessie by die Skou mis nie en besoekers met 'n oog vir die skone kan veral uitsien na die kroning van Mej Pretoria Skou 2007 en Mej Pretoria Skou Tiener by 'n galageleentheid op 17 Augustus.


Ander hoogtepunte sluit die landbou-afdeling van die Skou in wat, volgens du Toit, 'n groot rede is waarom die Skou so gewild is. "Behalwe die Pedi, Ile de France, Santa Gertrudis en SA Boerperd Nasionale Kampioenskappe, sien ons ook uit na die finale rondte van die Vleissentraal-LNR Prestasietoetsklas en die Prestasiekudde van die Jaar kompetisie. Die Wêreldbeker Kwalifiserende Rondte vir Perdespring is werklik die moeite werd om te sien en vind in die Hoof Arena vanaf 24 tot 26 Augustus plaas."


Volgens Du Toit floreer die landbou-afdeling van die Skou. Daar is 150 perdestalle en 30 addisionele tydelike fasiliteite wat gemiddeld 1500 perde huisves gedurende skoutyd. Die beesstalle het plek vir 1500 diere wat elke jaar gemiddeld 80 persent beset is. Sowat 700 stuks kleinvee kan in die gebruikersvriendelike skaap- en bokfasiliteit gehuisves word. "Ons glo dat die Pretoria Skou 'n groot rol het om te vervul in die bekendstelling van die landbousektor aan stadskinders. Dit is wonderlik om die uitdrukkings op die gesiggies van ons jong besoekers te sien wanneer hulle die eerste keer 'n miniatuur perdjie of 'n pasgebore kalfie sien."


Spesiale aandag word weer vanjaar gegee aan die kweek van omgewingsbewustheid en die vergroening van die Pretoria Skou. In samewerking met ABI, die Plastiek Federasie van Suid-Afrika, Collet-a-Can en die Tshwane Metro, is 'n herwinningsplan saamgestel wat sal sorg dat meer as 17 ton afval gedurende die Skou herwin word. Verskeie herwinningstasies sal geinstalleer word en besoekers aan die Skou sal aangemoedig word om verskillende soorte afval, soos blikkies, glas en papier, in verskillende houers te gooi sodat dit herwin kan word. Diere-afval sal ook herwin word. "Ons ondersteun die poging van die Tshwane Metro om die stad se afval aansienlik te verminder teen 2010 en ons doen alles moontlik om besoekers aan die Skou meer sensitief te maak oor die impak van afval op ons omgewing," sê du Toit.


Die gemak van skoubesoekers geniet weer hoë voorrang by die beplanning van vanjaar se Skou. Daar is genoeg parkering, en 'n pendeldiens is beskikbaar om besoekers tussen die parkeerareas en die hekke te vervoer. Spesiale parkeerfasiliteite vir gestremde besoekers is ook beskikbaar.


Die Pretoria Skou is daagliks tussen 10h00 en 21h00 oop. Ingangsfooie is R35.00 per persoon vir volwassenes, R 20.00 vir kinders tussen vier en 14, en R25.00 vir studente en ensioenarisse oor 60 (met identifikasie). Ingang vir kinders onder 4 is gratis. Parkering is beskikbaar teen R12 per voertuig.


Vir meer inligting besoek http://www.pretoriashow.co.za/


2007-08-01

Sinvolheid in die samelewing: Praatjies Woensdagaande

ON PURPOSE HOUR - 'n hoë impak leerervaring rondom sinvolheid (purpose) in die samelewing.

Tema vir 29 Augustus 2007: Suid-Afrika - Ek bly!.

On Purpose Hour staan onder leiding van Callie Roos en behels 'n weeklikse diepsinnige praatjie gelewer deur 'n hoogaangeskrewe spreker. Daar is 'n gemoedelike stemming en 'n mens kan 'n heerlike ete geniet terwyl jy na die praatjie luister. Die praatjies bied 'n hoë impak leerervaring rondom sinvolheid in die samelewing en sal jou lewe verryk.

Kontak: Enige navrae of voorstelle kontak Callie Roos: callie@onpurpose.co.za of besoek die On Purpose-webwerf. Om die On Purpose nuusbrief te ontvang, stuur die versoek NUUSBRIEF INTEKEN aan olga@onpurpose.co.za

Ligte aandete beskikbaar vir eie rekening van 18:30 tot 19:00 (Kerrie en Rys, slaai en brood, opsie tussen tee, koffie, gaskoeldrank of vrugtesap @ R60,00)
Etes moet voor Woensdag 12:00 bespreek word.

Tyd: Elke Woensdagaand (skoolvakansies uitgesluit) om 18:30 vir 19:00. Aankoms, kuier en ete-bestellings om 18:30. Praatjie vanaf 19:00. As veiligheidsmaatreël word die buitehek om 19:15 toegestoot.

Plek: Fraaigesig Galery, Basuinsingel 452, Pretoriuspark, Pretoria.
Tel. (012) 993-1723

Aanwysings na Fraaigesig: Vanaf die N1 (oos van Pretoria), neem die Rigellaan-afrit.
Volg padtekens vir Delmas verby Armscor Hoofkantoor tot by die 2de verkeerslig. Neem glipweg na links in Hans Strydomweg (M10).
Volg padtekens vir Witbank tot by die 3de verkeerslig. Draai regs in Garsfonteinweg (M30).
± 800 m links by Pretorius Park teken – 2de verkeerslig – Loristostraat.
± 100 meter draai links in Buglestraat.
±250 m draai regs in Basuinsingel.
Fraaigesig Galery se hek is aan die regterkant.