2007-08-09

Registrasie van Taal-, Kultuur- en Godsdiens-organisasies

Die Grondwet van Suid-Afrika bied beskerming van taal-, kulturele en godsdienstige regte (art. 185). Deelnemers aan die NFA het geoordeel dat die tyd aangebreek het om hierdie regte uit te oefen deur aansoek te doen vir die registrasie van 'n liggaam wat sal instaan vir die belange van Afrikaans.

Hoe gaan dit gedoen word?
Alle Organisasies wat Afrikaanssprekendes verteenwoordig, word versoek om gedurende Augustus 2007 by die die Kommissie vir die Bevordering en Beskerming van die Regte van Kultuur-, Godsdiens- en Taalgemeenskappe (The CRL Commission) te registreer. Dit sal in hulle eie belang wees, maar sal ook die Nasionale Forum vir Afrikaans (NFA) help om die proses op pad na 'n Afrikaanse Taalbelangeraad te fasiliteer.

Wie is die NFA?
Die NFA (Nasionale Forum vir Afrikaans) is 'n forum vir aksie van die burgerlike samelewing met verteenwoordigers van die NTLA (Nasionale Taalliggaam vir Afrikaans) en ondersteun deur PanSAT (Die Pan-Suid-Afrikaanse Taalraad). Die sekretariaat van die NFA word behartig deur die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns.

Dokumente wat ter sprake is:
(Klik op die dokument se naam om dit oop te maak of af te laai)

  1. NFA versoek aan Afrikaanssprekendes
  2. Bylaag A: Aamptelike registrasiedokument
  3. Bylaag B: Die NFA-vraelys
Die dokumente is nodig vir registrasie by die CRL Commission. Die dokumente sal ook deur die NFA gebruik word vir die aansoek om registrasie van 'n Afrikaanse Taalbelangeraad (ATB).

Wat moet organisasie nou doen?
  • Lees asb die verduidelikende dokument, NFA versoek aan Afrikaanssprekendes
  • Voltooi die amptelike registrasiedokument (Bylaag A)
  • Voltooi die NFA-vraelys (Bylaag B)
  • Stuur die voltooide vorms (Bylae A en B) aan die Vriende van Afrikaans (kontakbesonderhede word in die dokumente verskaf)
  • Laat weet ander Afrikaanssprekendes wat sou belangstel om deel te wees van hierdie aksie.

Hierdie dokumentasie moet die Vriende van Afrikaans asseblief voor of op 20 Augustus 2007 bereik.

Net om verwarring te voorkom: Die SA Akademie se kantoor in Pretoria hanteer onder andere die sekretariaat van die NFA, maar vanweë die min tyd tot ons beskikking, tree die kantoor van die Vriende van Afrikaans op Stellenbosch op as versamelpunt.



Skakels: