2007-08-04

Vaardigheidsekspo by Pretoriaskou 2007

ATKV CENTURION

Die sesde Vaardigheidsekspo by die Pretoriaskou (22 Augustus tot 2 September 2007) fokus vanjaar op Entrepreneurskap en Lewensvaardighede.

Die Vaardigheidsekspo in Saal H (naby die Skilpadsaal, teenaan Soutterstraat) word vanjaar gekenmerk deur ’n verskeidenheid van kort bekendstellings- en inligtingspraatjies oor:

· Entrepreneursvaardighede deur Isak Maritz, wenner van die 2006 SA Entrepreneurskompetisie.
· ATKV Centurion se ‘‘Beste Besigheidsidee’’-kompetisie met Isak Maritz as beoordelaar. Die kompetisie word Woensdagmiddae op RSG bespreek en die wenner word Woensdag 5 September 2007 op RSG bekend gemaak.
· Die landwye ATKV/ABSA Entrepreneurskompetisie vir laerskole, hoërskole en studente asook
· Die ATKV se taal-, lees- en leervaardigheidsprojekte en
· Ons SMS-kompetisie oor Afrikaanse slagspreuke/sêgoed.
· Verskeie jeug- en welsynsorganisasies se lewensvaardighede projekte.

Die volgende jeug- en welsynsorganisasies gaan hul aktiwiteite en aksies t.o.v. ’n wye verskeidenheid lewensvaardighede soos jeugwerk, leierskap, ouerskap, welsynswerk soos o.a. krisis-, stres- en trauma-berading, geestelike berading, dwelmbekamping, emosionele en morele weerbaarheid kom uitstal en bekendstel:

Coramdeo, Crossroads, Ch. Polisiever. (CPV). Echo Jeugontwikkeling, Intertrauma Nexis, Kohin Jeugwerkers, Maranatha Bana, Sinoville Krisissentrum, Selkruis

Die inligtings- en bekendstellingspraatjies vind weeksaande om 18:30 en naweke Sa. 25 Augustus 2007, So. 26 Augustus 2007, Sa. 1 September 2007 en So. 2 September 2007 heeldag vanaf 10:00 – 18:00 elke tweede uur op die uur by ons Ekspo in Saal H plaas.

Die volledige program met temas en sprekers sal op ATKV Centurion se webwerf gepubliseer word.

Navrae: Sakkie Kotze 082 925 1488